DIE depressie- en angsondersteuningsgroep vergader weer Maandag om 19:00 by Paarl MediClinic.
Die groep is onder leiding van Christo Visser en Sonja Labuschagne en die publiek word genooi om te kom luister na ’n praatjie oor persoonlike doelwitbeplanning.
U hoef nie lid te wees nie en daar is geen koste aan verbonde nie.