Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laerskool Noord-Eind wys hoe

Laerskool Noord-Eind wys hoe
 
2005-11-17


DIE puik prestasies van Laerskool Noord-Eind in die sistemiese evaluasie wat deur die Schools Development Unit van die Universiteit van Kaapstad gedoen is, het daarvoor gesorg dat die skool deur top-amptenare van WKOD besoek is.

Ronnie Schwartz (superintendent-generaal van WKOD), Paul Rockman (Adjunk-Direkteur van Onderwyskantoor WKOD), Jannie Beukes (Direkteur Weskus-Wynland, Paarl Obos) en Timothy Ndzuzo (kringbestuurder van Paarl Obos) het Noord-Eind besoek.

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement toets leerders in grade 3 en 6 een keer elke drie jaar vir geletterdheid en syfervaardigheid.

Laerskool Noord-Eind het puik uitslae behaal: in 2002 was hulle syfervaardigheid 98% en geletterdheid 93%, en in 2004 was die syfervaardigheid 100% en geletterdheid 95%.

Swartz en sy span het ’n paar klasse besoek om vas te stel hoe hierdie puik resultate behaal is. Hy het later die skool gelukgewens met sy strewe om uitmuntendheid te bereik.

Noord-Eind is ook een van vier skole in die land wat besig is met ’n Glasser Kwaliteitskoolprojek, onder leiding van Mitchell Messina van “Quality School Improvement Consultancy”, om hierdie uitnemendheid te handhaaf en nog verder uit te bou.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za