Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Afrikinners: 'n kursus vir dagmoeders

Afrikinners: 'n kursus vir dagmoeders
 
2005-11-17


DIE ATKV bied van 21 tot 25 November in die Miqlatsaal in Plumbagostraat Paarl-Oos ‘n dagmoederkursus, Afrikinners, aan.

Dit is ‘n entrepreneuriese projek om die versorgers van kinders, soos dagmoeders, in veral agtergeblewe gebiede te bemagtig en toe te rus.

Die opleiding van versorgers fokus op uitkomsgerigte onderwys; die aanleer van basiese besigheidsvaardighede (entrepreneuriese vaardighede); hulp met die ontwikkeling van kreatiewe, perseptuele en kognitiewe aktiwiteite vir kleuters; hulp met die ontwikkeling van lewensvaardighede en probleemoplossing vir kleuters en opgeleides; en hulpverlening deur middel van mentors.

Dit word gedoen in samewerking met Eduvelo-kids onder leiding van prof Frik de Beer van Unisa.

Behalwe vir die kursusmateriaal word daar ook voorsiening gemaak vir ‘n trommel vol van die opvoedkundige speelgoed wat nodig is vir die suksesvolle en konstruktiewe aanbied van ‘n dag-tot-dagkurrikulum vir elkeen van die dagmoeders.

Vir meer inligting, kontak Lizette Odendaal by (011) 919-9000/51 of 082-416-7217.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za