Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hondsdolheid kan dood

Hondsdolheid kan dood
 
2005-11-17


STAATSVEEARTSE speel nie. Met twee gevalle van hondsdolheid in die Paarl-omgewing vanjaar, word gratis inentingsklinieke volgende week gehou.

Die voorvalle van hondsdolheid was in ’n rooikat in Agter-Paarl en ’n bakoorjakkals tussen Wellington en Hermon.

“Daar is nie rede vir paniek nie,” het Rudolf Nieuwenhuis van staatsveeartseny gesê.

“Hondsdolheid is egter nie speletjies nie, en dus is veeartse en die DBV in kennis gestel om op die uitkyk te wees vir diere met die simptome. Eienaars van troeteldiere moet ook sorg dat hulle katte en honde ingeënt is.”

Die virus kom veral in die speeksel van hondsdoldiere voor. Die siekte affekteer die brein, met simptome van kwyl, aggressie en verlamming, en is dodelik.

Gratis klinieke vir honde en katte is van 10:00 tot 14:00 by die Mbekweni sportgronde; Dinsdag van 10:00 tot 13:00 op die oop terrein in Smartietown en van 14:00 tot 16:00 by die Fairyland gemeenskapsaal.

Woensdag is die kliniek van 10:00 tot 14:00 buite die New Orleans behuisingskantoor; volgende Donderdag van 10:00 tot 13:00 by die Groenheuwel kliniek en om 14:00 tot 18:00 by Nederburg Primêr.

Volgende Vrydag is die kliniek van 12:00 tot 17:00 by Amstelhof Primêr. Nog klinieke kom ook op Wellington.

* Free clinics for the immunisation against rabies will be held in Paarl next week.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za