Skolerugby op TV
2005-03-24
VAN die beste skolerugbyspanne in Suid-Afrika speel in die 15 wedstryde wat oor die Paasnaweek regstreeks op SuperSport uitgesaai word.
Ses wedstryde wat in die Paastoernooi by St John’s gespeel word, word Donderdag uitgesaai en nog ses Saterdag. Maandag word drie van die wedstryde by St Stithian’s in Randburg gewys.
Die twee Paarlse skole, Hoër Jongenskool Paarl en Paarl Gimnasium, sal oudergewoonte ook weer aan die toernooie deelneem.
Die uitsaaitye van die wedstryde waarin dié twee speel is, (vandag 14:25 op GDN en SS1) HJS Paarl t Nelspruit, (Saterdag 13:25 op M-net en SS1) St John’s t HJS Paarl.
Maandag om 13:25 op GDN en SS1 kan gekyk word hoe Ermelo en Paarl Gimnasium mekaar pak by die St Stithians-toernooi.
New Orleans Sekondêr en Hoër Landbouskool Boland neem ook onderskeidelik deel by die St John’s en St Stithians toernooie.
More
News
|