Seminaar vir eiendomsagente
2005-11-17
DIE Eiendomsagentskapsraad (EAAB) bied ‘n oggendseminaar vir eiendomsagente aan op Vrydag 25 November by die Broadway-konferensiesentrum, Heerengracht, Kaapstad om 08:30 vir 09:00.
Die doel van hierdie reeks, wat die EAAB jaarliks aanbied, is om eiendomsagente en belangstellendes oor ontwikkelings in die bedryf in te lig en geleentheid te gee om kwellings en vrae te bespreek.
Vooraanstaande kundiges uit die belasting-, bank- en regswese asook die Dienste-SETA en die Finansiële Intelligensiesentrum tree vanjaar as sprekers op.
Vir verdere inligting, kontak Lindiwe Bulo van die EAAB by (011) 731 5624 of stuur ‘n e-pos aan haar by lindiwe @eaab.org.za
More
News
|