Kanon vuur weer
2005-11-17
DIE ou kanon op Paarlberg word Vrydagaand 20:00 weer afgevuur vir die eerste keer in ’n paar jaar, om die opening van die opgeknapte perseel van Thorp Opel te vier.
Die motorhandelaar het sy perseel teen groot koste opgegradeer met ’n sentrale boog ter herinnering van die Paarl Wine & Brandy Company wat vroeër jare op die perseel gestaan het.
Tydens die openingsfunksie Vrydagaand, sal die kanon op Paarlberg afgevuur word om die historiese geleentheid te vier.
More
News
|