HJS begin met o.15 rugbyweek
2005-03-24
DIE Hoër Jongenskool Paarl bied vanjaar vir die eerste keer ’n o.15 rugbyweek aan.
Skole wat aan dié eerste toernooi gaan deelneem, is HJS Paarl, Paarl Gimnasium, Volkskool Potchefstroom, SACS, Kasselsvlei en Jeppe.
Die toernooi skop Dinsdag af en eindig op 1 April. Die wedstrydprogram vir die drie dae op die Brugstraat-velde is: (Dag 1) 09:30 SACS t Jeppe, 10:40 HJS t Kasselsvlei, 11:50 Paarl Gim t Volkskool, (Dag 2) 17:30 SACS t Kasselsvlei, 18:40 Paarl Gim t Jeppe, 19:50 HJS t Volkskool, (Dag 3) Paarl Gim t Kasselsvlei, 10:40 SACS t Volkskool, HJS t Jeppe.
More
News
|