Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


BEE in landbou onder die loep

BEE in landbou onder die loep
 
2005-11-17


TALLE boere van die Drakenstein-gebied en van so ver af as Stellenbosch, het verlede week in die Paarl byeengekom om hul menings te lug oor die raamwerk vir swart ekonomiese bemagtiging in die landbou.

Hierdie raamwerk, bekend as AgriBee, se doel is om in die volgende nege jaar swart bemagtiging binne die landbousektor te bevorder.

Boere word tans landwyd genooi om forums by te woon waar voorleggings gedoen word om hulle in te lig oor dié handves.

Tobias Doyer, uitvoerende hoofbestuurder van Landbou Besigheidskamer, het die voorlegging in die Paarl aangebied aan sowat 100 belangstellendes, waarna hulle die geleentheid gehad het om hul besware en insette te lewer.

Hierdie handves beoog dat daar teen 2014 25% van landbougrond in swart besit wees, 20% van bykomende landbougrond beskikbaar vir huur moet wees teen 2010, 75% van ongeletterdheid by plaasgemeenskappe teen 2010 uitgewis moet word en 100% van alle werkers op sekondêre en tersiêre vlak geletterd moet wees teen 2010.

Hoofbekommernisse wat uitgespreek is, is of produktiewe landbougrond wat oorgeplaas sal word in die hande van swartbemagtingsgroepe, beskerm sal word as landbougrond.

Nog ’n kwelvraag was of die mikpunte waarvolgens boere beoordeel sal word nie op ’n latere stadium verhoog sal word nie.

Daar is ook gevra oor die moontlikheid dat die regering aansporingsbonusse, soos belastingvoordele, sal gee aan boere wat die mikpunte bereik.

Nog voorstelle wat gemaak is, is dat erkenning gegee moet word aan boere wat gesamentlik werk aan bemagtiging, deurdat hulle saam grond koop waarop swart boere opgelei sal word.

Die voorlegging het ook nie sonder kritiek deurgeloop nie en ’n paar boere het aangevoer dat die dokument onduidelik is en dat dit moeilik sal wees om toe te pas.

Doyer het vir boere gemaan om positiewe insette aan hulle oor te dra waarmee hulle dan met die Departement van Landbou sal onderhandel oor die konsep-dokument.

“As ons nie ’n konkrete standpunt duidelik kan stel aan die regering nie, sal ons nie ’n konkrete saak hê nie.

“Ons moet ook nie negatief voel oor die konsep-dokument nie, want die regering soek sukses in die landbou en voel baie sterk oor ekonomiese lewensvatbaarheid daarin,” het Doyer gesê.

Boere moet teen 18 November hul insette aan Agri-Weskaap lewer. Christine Dowling kan gekontak word by 860-3800.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za