Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaskinders moet voetslaan

Plaaskinders moet voetslaan
 
2005-11-17


OUERS van leerders by Nieuwedrift Primêr in Noorder-Paarl is erg ontevrede nadat die Wes-Kaap Departement van Onderwys besluit het om die gereelde busdiens wat leerlinge van plase in Suider-Paarl na die skool vervoer, op te skort.

In totaal raak dit 140 leerlinge. Hoewel die meeste Nieuwedrift-leerlinge van plase noord van die Paarl per bus aangery word, word verskeie kinders ook uit Suider-Paarl aangery na dié skool.

Die Departement is van mening dat hierdie kinders liewer na die naaste skool aan hul huise moet gaan.

Ouers meen hierdie stap is onregverdig omdat daar baie ander kinders is wat uit Suider-Paarl na hoërskole in Paarl-Oos vervoer word, en omdat hulle nie die skoolgeld van skole in Paarl-Wes kan bekostig nie. Dié skole is glo ook reeds vol.

“Vervoerkontrakte wat op ander roetes ook uit Suider-Paarl omgewing kinders na verskillende skole in Paarl-Oos vervoer, is nie geraak nie, inteendeel hulle is verleng. Waarom word net die kontrak wat die Nieuwedrift-roete bedien, opgeskort?” vra ouers. Hulle opper ook die skoolgeld-kwessie in Paarl-Wes.

Hoewel aansoek om kwytskelding gedoen kan word, is daar verskuilde kostes soos nuwe skooluniforms en uitstappies wat betaal moet word uit hul arbeidersloon, wat hulle nie sal kan bekostig nie.

Derek Clift, eienaar van die plaas De Hoop, het namens 14 plaaseienaars in die Suider-Paarl omgewing in gesprek getree met die plaaslike Obos-kantoor.

“Wat sal die impak op die betrokke gesinne wees, watter implikasies hou dit vir die skool in en hoeveel kinders sal weer as gevolg hiervan op straat beland?” vra hy.

Volgens Clift is die boerderygemeenskap nie bereid om vervoer te verskaf nie, weens die finansiële implikasies, die risiko van ongelukke en die noodsaaklikheid om spesiale vervoerlisensies te verkry.

Die hoof van die plaaslike Obos-kantoor, Jannie Beukes, het by navraag bevestig dat die betrokke busdiens beslis afgeskaf gaan word.

“Die beleid is dat kinders die naaste skole moet bywoon. Ouers kan hulle kinders inskryf by skole van hulle keuse, maar die departement gaan nie vir vervoer betaal nie.

“Busroetes word geoudit en waar gevind word dat regverdiging vir die voortsetting daarvan nie bestaan nie, word dit geleidelik uitfaseer.

“Roetes na sekondêre skole kan egter nie summier afgeskaf word nie, omdat daar implikasies vir leerdervakkeuses bestaan. Geen nuwe leerders word egter toegelaat op geïdentifiseerde uitfaseringsroetes nie.

“Vanselfsprekend sal nuwe leerders van Suider-Paarl nie op busse na Paarl-Oos vervoer word as daar plek is by skole nader as vyf kilometer aan hul wonings nie.

“Verskuilde uitgawes is nie slegs die probleem van plaasarbeiders nie en ouers se finansiële onvermoë mag nie in die pad staan van leerders om toegang tot kwaliteit onderwys te kry nie.

“Ouers is gedurende die laaste helfte van 2004 tydens ’n vergadering ingelig oor die besluit om die diens op te skort.

“In ’n vergadering Maandag met skoolhoofde uit die sentrale deel van Paarl, het sommige aangedui dat van die leerders wat tans vervoer word na Nieuwedrift reeds by hulle ingeskryf is vir 2006. Oor die algemeen is welwillendheid ervaar.

“Drie skole het aangedui dat hulle eers die kwessie met hul Beheerliggame wil bespreek en hulle sal later dié week terugvoering aan Obos gee."

* The education department is to halt bus transport of children on farms in Paarl South to Nieuwedrift Primary in Paarl North.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za