Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Van Dyk oefen hard vir Boston

Van Dyk oefen hard vir Boston
 
2005-03-24


DIE rolstoelatleet Ernst van Dyk glo hy is in die beste vorm wat hy nog was.

Van Dyk het tydens die SA Padfietskampioenskappe vir gestremdes van die vinnigste tye in die wêreld in sy handfiets afgelê.

Paarl Post wou weet of hy sy rolstoel vir ’n handfiets ingeruil het.

“Nee glad nie, dit is net goeie oefening vir jou uithouvermoë. Met ’n handfiets kan jy eenvoudig net baie langer oefen,” verduidelik Van Dyk.

Nie net verleng dit sy tyd per oefensessie nie, maar dit stel hom ook in staat om baie vinniger te ry.

“Dit is ’n feit dat ’n handfiets vinniger is. Dit stel my in staat om met ander fietsryers in ’n groep te oefen.

“Ek oefen saam met Hein Kroff se groep. Ons ry gereeld Bainskloof en ek is altyd voor die res terug in die Paarl,” skerts Van Dyk.

Sy tyd van 28:26 in die 18km SA tydtoets asook 1:22,56 in die padwedren oor 44km getuig van die geweldige spoed wat Van Dyk in die handfiets handhaaf. Dit verteenwoordig ’n gemiddelde spoed van bykans 40km/u - glad nie sleg nie.

“Vandat ek met die handfiets oefen, voel ek baie beter, my basiese fiksheidsvlak is baie hoër en met oefentye van tot drie-uur lank in die handfiets maak dit dit makliker vir my om in die rolstoel te jaag.”

Van Dyk het dan ook 2500ste geëindig uit 35 000 deelnemers in vanjaar se Argus fietswedren oor 108km.

Cefas Bouman van Nederland, die derde gekeurde handfietsryer in die wêreld, het sowat ’n halfuur ná Van Dyk die wenstreep oorgesteek.

Van Dyk het ook stof in sy oë geskop tydens die SA tydtoets en padwedren.

“My tyd was 3:21 maar ek sou graag 3:15 wou gery het.”

Hoewel hy die handfiets grootliks aanwend vir oefening, neem Ernst ook binnekort aan twee handfiets-wedrenne deel.

“Ek berei tans voor vir ’n 44km wedren in Europa en dan neem ek in Julie in Alaska deel aan ’n 365 myl wedren wat oor ses dae strek.
Dit beteken ons sal sowat 80km ’n dag moet aflê.”

Op 8 April is Van Dyk egter weer terug in sy rolstoel vir die Parys Marathon in Frankryk, wat as opwarming sal dien vir die Boston Marathon in die VSA agt dae later.

Van Dyk wat dié marathon al vier keer agtereenvolgend gewen het ('n rekord wat hy met die Switser, Franz Nietlispach deel) en dit ook verlede jaar in ’n rekord-tyd van 1:18:27 voltooi het, sal oorgehaal wees om sy naam nog verder in die rekordboeke te verewig deur 'n vyfde keer, eerste oor die wenstreep te jaag.

Van Dyk is tydens die onlangse Wes-Kaapse Departement van Sport se sporttoekennings as die streek se sportman van die jaar aangewys.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za