Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples II hou klub se naam hoog

Peoples II hou klub se naam hoog
 
2005-11-17


NAT kolfblaaie het verhoed dat beide Young Peoples Krieketklub se eerste en derde spanne die naweek hul wedstryde kon speel.

Peoples II se wedstryd teen Van der Stel op Stellenbosch kon egter afgehandel word.

Dit was dan ook ’n suksesvolle uitstappie vir die Paarliete wat met twee paaltjies wen.

Goeie boulwerk deur Henley Julies (3/28 in 11bb), Hilmer Paulse (1/26 in 8bb) en Ainsley Anderson (3/29 in 12bb) beperk Van der Stel tot 187/8.

Peoples word egter met ’n bykomende 30 lopies gestraf weens 'n te stadige boulbeurt-tempo en moet dus 218 aanteken.

’n Goeie spanpoging verseker dat Peoples in die voorlaaste beurt die wenlopies behaal.

Mooi beurte is deur Edwin Jacobs (67 4x9), Brett Mitchell (35 4x5), Audin Carolissen (24 4x2) en Anderson (23 4x3) gespeel.

Peoples II se wedstryd van Sondag verskuif na Saterdag op Daljosafat en Peoples III speel weg teen Spes Bona op Stellenbosch.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za