Peoples hou Vineyards net-net
2005-03-24
IN ’n langverwagte rugbystryd tussen Young Peoples en Vineyards was dit die Tiere wat Saterdag in die vriendskaplike wedstryd naelskraap 13-11 gewen het.
Peoples het hul neuse voorgekry in die laaste minute toe Evert Jacobs ’n strafskop oor die dwarslat geklits het.
Vineyards se John Koopman kon egter in die doodsnikke sy span ’n sege besorg, met ’n strafskop.
Sy poging vanaf die merkie net buite die kwartgebied en sowat 10m van die regterkant van die veld, het egter naelskraap verby die regter regoppaal verbygeskuur.
Vineyards se drie is deur die flank Wasfie Nackerdien gedruk, terwyl Koopman sukses behaal het met twee strafskoppe.
Peoples se Sam Titus het ’n drie gedruk, met Jacobs wat met ’n doelskop en twee strafskoppe geslaag het.
Peoples II en III het onderskeidelik 40-5 en 22-10 gewen. Vineyards speel Saterdag ’n vriendskaplike wedstryd teen Stellenbosch Coronations op Cloetesville.
More
News
|