Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bergrivier, Brakke stamp koppe

Bergrivier, Brakke stamp koppe
 
2005-11-17


DIE manne van Bergrivier Krieketklub moes Saterdag met ’n gelykop-uitslag tevrede wees teen die huidige Premier-ligavoorlopers, Brackenfell.

Bergrivier moes sonder sy staatmaker-kolwer, Marquin Julies, klaarkom en het gesukkel om lopies op Brackenfell-kolfblad te kry.
Brackenfell kolf eerste en moker 225/8.

Morné de Vries (4/58 in 13bb) het die paaltjies laat kantel.

Die besoekers het hard probeer, maar paaltjies wat met reëlmaat val, verhoed dat hulle enige momentum opbou.

Fabian Arendse (64 4x6) het die meeste lopies vir sy span gekry.

Die besoekers slaag slegs daarin om 185/9 aan te teken.

Die tweede span se wedstryd is afgelas weens ’n nat veld.

Saterdag speel Bergrivier I tuis teen Young Peoples en Sondag kom hulle in ’n wegwedstryd teen Van der Stel te staan. Bergrivier II speel weg teen Peoples.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za