Hugenote begin seisoen goed
2005-11-17
DIE eerste krieketspan van Hugenote Hoërskool het die eerste helfte van hulle seisoen op ’n hoë noot begin deur hul jaarlikse interskole-wedstryd teen Swartland met vyf paaltjies te wen.
Swartland is vir ’n skamele 98 lopies uitgeboul, danksy die vernietigende vorm van Henk de Villiers.
De Villiers laat nie alleen vyf paaltjies kantel vir die verlies van slegs 12 lopies nie, maar behaal ook ’n rare driekuns.
Sy onoorwonne 28 lopies help dan ook sy span om die teiken gemaklik te haal.
In Hugenote se tweede wedstryd klop hulle vir Hoërskool Drostdy in ’n spannende wedstryd met slegs een paaltjie.
In hulle laaste wedstryd speel hulle teen Hoërskool Hottentots-Holland.
Hugenote kolf eerste en behaal 179 in 30 beurte, met goeie tellings deur Nicky Pieterse (29) en Wessel Coetzee (25), Johan Nel (17) en Ettienne Swartz (17 van 4 balle).
Henk de Villiers behaal ’n onoorwonne 44. HHH word almal uitgeboul vir slegs 100 lopies na 24 beurte.
Hugenote kan met reg uitsien na die res van die seisoen.
More
News
|