Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarliete draf sole deur

Paarliete draf sole deur
 
2005-11-17


DIE Paarliet Pieter Koopman het Saterdag tweede gekom in die WP Marathon Kampioenskap.

Die kampioenskap is by die Vodacom Wynland Marathon en Halfmarathon ingelyf wat op Stellenbosch gehou is.

Koopman wat vir Mr Price Celtics hardloop, het die wedloop in ’n tyd van 2:30:59 voltooi, sowat vyf minute ná die wenner, Zolile Bhitane (2:25:02) van Harmony.

Sihle Mapukatu (2:33:32) van Mr Price WP was in die derde plek.

Die eerste atleet van die Paarl Atletiekklub wat die marathon voltooi het, was Solomon Ross. Sy tyd van 3:09 was goed genoeg vir ’n silwermedalje.

Kort op sy hakke was Frank Koopman (3:10) en Afrika Koopman (3:11).

Al drie dié atlete het onder die voorste 50 deelnemers geëindig.

Maree Burger wat algeheel agste in die vroue-afdeling geëindig het, was die eerste vroue-atleet van die Paarl oor die wenstreep in ’n tyd van 3:26:22.

In die halfmarathon was Rudolf Warries (algeheel sewende) die eerste atleet van Paarl Atletiekklub. Hy was dan ook die eerste veteraan wat by die eindpunt aangekom het.

Die eerste plaaslike atleet was Nkosana Mponeng (Wellington) wat vierde was in ’n tyd van 69:57.

In die agste plek was Willmore Benn (76:24) ook van Wellington Atletiekklub.

Styntjie Prins (94:22) van Paarl Atletiekklub was algeheel negende in die vroue-afdeling en die eerste meester (50 jaar) om die wedloop te voltooi. Hester Kotzé (98:07) was derde in laasgenoemde kategorie.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za