Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swak lig beroof Wellington van sege

Swak lig beroof Wellington van sege
 
2005-11-17


OP Stellenbosch het ’n nat buiteveld nie alleen die wedstryd tussen die krieketklubs van Wellington en Van der Stel vertraag nie, maar die weer het ook verhoed dat Wellington met ’n sege kon terugkeer huis toe.

Wellington word gevra om te kolf nadat die tuisspan die loot wen.

Ná ’n baie stadige begin is die besoekers in die moeilikheid op 67/6 ná 45 boulbeurte.

Maar ’n goeie terugvegpoging deur Marnus Hugo (43), met die bystand van die laer-orde kolwers, verseker dat Wellington 139/9 in die toegelate 60 boulbeurte aanteken.

Jacques Krynauw (3/31 in 15bb) en Danie Herhams (2/33 in 15bb) het goed geboul.

Van der Stel is sommer vroeg in die sop toe hulle na die eerste twee beurte twee paaltjies kwyt is sonder ’n enkele lopie op die telbord.

Die besoekers se vroeë sukses was te danke aan die verwoestende boulwerk van Ryan Groeneveldt (4/28 in 12bb).

Voortdurende druk en uitstekende veldwerk het verhoed dat die tuisspan enigsins die oorhand kon kry.

Die draaibalbouler Marnus Hugo (4/29 in 15bb) was die ander man wat sake vir die kolwers bemoeilik het.

Wellington is egter verhoed om nog ’n sege op hul kerfstok te merk toe die skeidsregters die wedstryd stop weens swak lig, met Van der Stel op 106/9.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za