Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington Tennisklub speel ’n kishou

Wellington Tennisklub speel ’n kishou
 
2005-11-17


DIE Wellington Tennisklub is vinnig besig om sy stem dik te maak in die plaaslike tennisliga.

Die eerste manspan wat bestaan uit Erik Bester, Bennie van der Merwe, James Fourie, Hennie van der Spuy, Rossouw Brummer en TW Bartleman, het onlangs die span van Rekreasie met 8-0 laat les opsę in Boland derdeliga.

Met puik spelers soos Herman Fourie, David Basson, JP de Jager en Paul Coetzee beseer of tydelik buite aksie, is dit duidelik dat die klub stil-stil sy spiere begin bult.

Die klub bou tans voort op die sukses van die gemengde ligaspan wat in Maart vanjaar die Hartog Beker verower het.

Interessante statistiek oor die manspan is dat vier van ses spelers Boishaaiers of oud-Boishaaiers is wat wissel van 15 tot 50 jaar.

“Alle oud-Hugenoters en selfs Gimmies is egter baie welkom om hulle by die jong, dinamiese en groeiende klub aan te sluit en sal beslis met ope arms verwelkom word,” skerts die klubvoorsitter, Hennie van der Spuy.

Wellington, as dorp, is ook in die bevoorregte posisie om tans twee hoogs gekwalifiseerde tennisafrigters, Erik Bester en Lynette Emslie, tot hul beskikking te hę.

Albei is dan ook baie opgewonde oor die baie potensiaal waarmee hulle tans op die tennisbaan werk.

Die klub deel ’n klubgebou met die Wellington Rolbalklub wat self ongekende groei in getalle beleef, onder die voorsitterskap van Marina van Wyk.

Die tennisklub beoog om die projek “Operasie Bane” binnekort te loods, met die doelwit om fondse in te samel en kundigheid te bekom om al vyf die bane van nuwe verf-oppervlaktes te voorsien.

Die beraamde koste is sowat R12 000 per baan. Hoewel die Drakenstein Munisipaliteit R1,5m bewillig het vir die verbetering en vestiging van geriewe van al die sportliggame onder sy vaandel, oorskry die behoeftes die fonds in totaliteit. Die Raad se boodskap is dat sportkodes hul eie fondse moet genereer.

Belangstellende en donateurs wat die Wellington Tennisklub van hulp wil wees, kan Hennie, skakel by 082-879-1775.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za