Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland wil sy posisie versterk

Boland wil sy posisie versterk
 
2005-11-17


DIE Boland-krieketspan is tans die ligavoorloper in die eendagreeks en is vol vertroue dat hulle ook dié posisie in die driedagreeks kan beklee.

“Ons is stadig maar seker om op dreef te kom,” het die Boland-kaptein, Wallace Albertyn, vandeesweek tydens ’n oefen by Boland Park Stadion gesê.

“Ek en Salieg (Nackerdien) is hard aan die probeer om die manne se koppe geswaai te kry van eendagkrieket na driedagkrieket.

"Ten minste is ons besig om vorentoe te gaan en dit is ’n goeie teken,” sê hy oor sy span se verbeterde kolfvertonings die afgelope paar wedstryde.

Die Boland se driedagwedstryd teen die WP in die Paarl het voorverlede week soos hul vorige drie kragmetings weereens onbeslis geëindig.

Die tuisspan het egter hul Kaapse bure betreklik maklik met vyf paaltjies geklop in hul eendagwedstryd.

“Ja, dit is nou die derde seisoen in ’n ry dat ons die WP in die eendagreeks klop. Dit wys net watter talent ons aan dié kant het en dat ons die groter provinsies kan klop. Ek hoop net die keurders by die franchise sien dit ook raak,” het Albertyn gesê.

Dit is dan ook juis die WP se posisie as voorlopers in die driedagreeks wat die Boland-span op jag wil maak.

“As ons die volgende twee wedstryde kan wen, kan ons die WP bo-aan die punteleer inhaal. Dit is dus belangrik dat ons vir Zimbabwe dié naweek en dan OP moet wen.”

Boland begin vandag sy driedagwedstryd teen Zimbabwe, en as een van die swakker spanne in die kompetisie, is dit nou die ideale geleentheid om ’n uitslag af te dwing.

“Zimbabwe het hul laaste drie wedstryde verloor en die wedstryd teen die WP was ná twee dae al klaar.

“Maar dan weer weet ons niks van hulle af nie. Ek weet dis hul o.23 span en dat van dié spelers al vir die nasionale span gespeel het.

“Ons vat hulle aan soos ons enige ander span in die kompetisie sou aanvat. As ons spanne begin onderskat, gaan ons tweede kom,” verduidelik die kaptein.

Dit is ’n tuiswedstryd vir die Boland, maar die twee spanne pak mekaar nie in die Paarl nie, maar op Coetzenburg.

“Ons het ’n paar Matie-spelers in die span en almal van ons het al baie klubkrieket op Coetzenburg gespeel, so dit is maar vir ons soos ’n tweede tuiste,” het Albertyn gesê in antwoord of die Stellenbosch-wedstryd Boland van die tuisveldvoordeel sal ontneem.

Volgens Albertyn is die verbetering in die Boland se spel, veral in die kolf-afdeling grootliks te danke aan die breier, Salieg Nackerdien, se harde werk.

“Die werksetiek onder Salieg is baie goed en professioneel en die spelers kyk op na hom.”

Albertyn self het nie te veel klagte oor sy huidige spelvorm nie.

“Sover beleef ons nie ’n slegte seisoen nie. Ek hoop net ons word vergoed daarvoor aan die einde van die seisoen,” sê hy met verwysing na die moontlike insluiting in die Cape Cobras franchise-span.

“Die ouens het verlede jaar gesê dat volgens my statistieke, ek ongelukkig was om nie in die franchise-span opgeneem te word nie.

“Ek het al darem een wedstryd vir hulle gespeel teen die Titans, so ek was al darem daar. Maar dit is ’n doelwit wat ek beslis vanjaar wil behaal,” het die Boland-kaptein gesê, wat onlangs 'n hoogtepunt in sy krieketloopbaan behaal het, toe hy sy eerste eersterangse vyftigtal teen die WP aangeteken het.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za