Pro Sano byeen
2005-11-24
HOOFLEDE van die Pro Sano Mediese Skema word dringend versoek om die algemene jaarvergadering en verkiesing van die skema Saterdag by te woon.
Dit vind plaas in die Oscar Wollheim-saal, hoek van 8ste laan en Prince George-rylaan (M5) in Grassy Park.
’n Voormalige raadslid, Cecil Driver, is weer eens benoem om in die Streekraad vir die Groter Skiereiland te dien.
Plaaslike lede is versoek om die vergadering by te woon en seker te maak dat Paarl en omgewing sitting op en inspraak in die Raad het.
Lede moet hul lidmaatskapkaart byderhand hou en voor 10:00 registreer.
Vervoer moet onderling gereël word. U kan Ilse Kulsen (862-2768) of Louis Jacobs (862-1623) in dié verband kontak.
More
News
|