Kunskalender
2005-11-24
La Motte: Die La Motte-seisoen word afgesluit met twee uitvoerings, môre en Saterdag om 19:00, deur die Coristi Allegri-kamerkoor onder leiding van Danie Smit. Bespreek by die proelokaal op La Motte of telefonies by 876-3114 (Angela). Besoek hulle by www.la-motte.com.
Charlene Truter: Diée gewilde sangeres tree Saterdag by die Maranatha Kerk in Plumbagostraat, Paarl-Oos, op. Die konsert begin om 18:00 en vorm deel van ’n dinee. Kaartjies is R100 per persoon by 084-957-9755 of 862-1758.
Bistro: South African songbird extraordinaire, Nianell, will be at The Helderberg’s favourite theatre restaurant, The Bistro in Strand Pavilion, Beach Road, Strand for tonight. Nianell’s many hit songs are continuously heard on various radio stations, and her poignant and mesmerizing live shows enthral audiences wherever she graces the stage with her beautiful voice and intriguing stage presence. Tickets are R90 each (meals and drinks excluded) and a à la carte menu will be available from 18:30. Call 854-4026 to book.
Boekpraatjies: Etienne van Heerden, wie se langverwagte roman “In stede van die liefde” onlangs verskyn het, praat Saterdag om 11:00 in Protea Boekwinkel (Stellenbosch) oor dié merkwaardige roman van hom. Onlangs het Elsa Joubert se outobiografiese roman “’n Wonderlike geweld” verskyn. Saterdag 3 Desember praat sy met Riana Barnard, haar uitgewer, oor dié werk. Skakel 882-9100 vir meer besonderhede of besoek die webblad by www.proteaboekhuis.co.za.
Apricot Carnival: Fun in the country for all the family is on the menu of the 2005 McGregor Apricot Carnival as this enchanting village celebrates the apricot harvest with a feast of appetising activities on Saturday. The apricot will feature in every imaginable way: fresh & dried, preserved and canned, juiced and spiked and filling dozens of mouthwatering treats to relish on the spot or to take home as Christmas gifts made with country flair. For more information, phone the Tourism Office on (023) 625-1954 or email them on mcgregortour@telkomsa.net.
ARTbewing: Chianti Homes hou van 1 tot 4 Desember ’n kunsuitstalling by Waterpoel de Windmeul in Noord Agter-Paarl. Die klem is op toeganklike kuns en die meeste van die skilderye, juweliersware, keramiek en beeldhouwerk se pryse sal bekostigbaar wees. Van die plaaslike kunstenaars wat uitstal, is Selwin Pekeur, Jeffrey Appollis, Nanette Ranger, Tilly van Huyssteen, Severino, Frank Ross, Kerwin Cupido, Raphique Fortuin en Jeanne Visser. Die opening is 1 Desember om 18:00. Navrae by Trudy, 082-896-9863.
Bosveldklong: Die gewilde Bosveldklong is op 9 en 10 Desember by die Oukraal vermaaklikheidsentrum, Hoofstraat 558 in die Paarl. Kaartjies is R60 by Anton (082-331-1772), Banie (084-321-1567) of Hoenderkop (Hoofstraat 558).
De Kraal: Die galery in Hoofstraat, Paarl het 'n uitstaling, Àrt on Paper', wat tot Saterdag duur.
Bonsai: Saterdag word die Boland Bonsai Kai vereer met ’n besoek van “Dolly Parton”, weliswaar in die vorm van ’n boompie. Een van die kundige lede, Francois Voges, het ’n bonsai wat hom herinner aan Dolly, en het belowe om dit “topless” te kom aanbied. Fritz Joubert gaan ’n Kanadese DVD wys oor die grondbeginsels van Bonsai. André de Kock het ’n tweede prys gewen by Oyama se Jong Ontwerpers-kompetisie, en hy sal sy prysboom met die storie klub wys. Dit begin om 09:00 by Colin Welch in Welgevallenstraat 19, Dalsig, Stellenbosch. Navrae by Pietman Retief, 082-554-1476.
More
News
|