Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Afrikaanse kinderstories in die Paarl

Afrikaanse kinderstories in die Paarl
 
2005-11-24


'n KLEUTER van die Karel Kraai Kleuterskool in die Paarl, die vyf-jarige Elanie Bieldt, is een van die stemme op ’n nuwe CD met kinderstories.

Elanie en Sean Weber (8) van Monte Vista het die name van die stories aangekondig. Die CD is vrygestel deur ’n Paarlse maatskappy, Anna Emm Productions.

Dit is ’n multi-mediaproduksie-maatskappy wat onder meer verhoogproduksies, klankopnames, kort-films, korporatiewe DVD’s en 3D animasie behartig.

Hulle tree ook dikwels as fasiliteerder vir ander produksies en kunstenaaroptredes op.

Die nuwe vrystelling is in Afrikaans (Storie-vir-Storie) en Engelse (Story-by-Story) beskikbaar.

Daar is sewe oorspronklike stories op elke CD en dit is 52 minute in totaal. Die stories word geniet deur kinders van so jonk as drie jaar tot selfs tien jaar oud.

Anna Emm het hierdie stories ’n paar jaar gelede geskryf vir die kinders in haar graad 2-klas by Laerskool Parow-Oos.

“Ek het die afgelope jaar ’n groot behoefte in die mark ervaar vir veral Afrikaanse kinderstories, en het besluit om die CD- produksie aan te pak.”

Therené Hönicke (vryskut-aktrise en stemkunstenaar) het die stories voorgelees. Sy het self ook al die verskillende stemme gedoen.

Stefan van der Vyver het die klankopnames behartig. Hy het ook die musiek gekomponeer en al die byklanke opgeneem. Stefan is ook ’n animasie-kunstenaar en het van die animasie-byklanke gebruik gemaak om die stories lewendig en baie visueel te maak.

Die CD’s kos R120 elk en kan bestel word by annaemm@absamail.co.za of deur Aritha van Wyk te skakel by 072-924-7403.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za