Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaslike sangers skitter in Spanje

Plaaslike sangers skitter in Spanje
 
2005-11-24


DIT was nie maklik, maar ons het dit geniet en baie geleer, sê sangeres Felicity B wat pas terug is van ’n ses maande besoek aan Spanje.

Nog twee plaaslike sangers, Sidwell Beziek en Bianca Daniels, het haar vergesel as agtergrondsangers en vokaliste.

Hulle het op die eiland Majorca en in stede in Spanje opgetree met haar nuwe program, ‘Queen of the Night’.

Sidwell sê dit was uitputtend: “Ons moes nie net sing nie, ons moes vakansiegangers vermaak.”

Hulle het ’n duidelike verskil tussen die verskillende nasionaliteite gesien.

Die Engelse steur hulle nie veel aan die kunstenaars nie, maar die Iere is groot pret.

“Die Iere is deurmekaar, maar hulle luister en geniet die musiek. Hulle het baie respek vir die kunstenaars,” vertel Felicity.

Die drie het Spanje baie geniet.
“’n Mens voel so veilig daar - ons kon drie-uur in die oggend buite stap sonder om te dink aan misdaad,” sê Sidwell.

Die drie het ook groot pret gehad, soos Bianca vertel: “Ek moes na veertien jaar as sangeres leer dans!”

Hulle program het onder die top drie van meer as 200 groepe geëindig. “Daar is ’n groot moontlikheid dat ons einde April sal teruggaan vir nog ’n seisoen,” meen Felicity.

Intussen sit sy nie stil nie. Felicity het die afgelope jare gereeld saam met die bekende Mike McCullagh se orkes opgetree en is gereeld in die pers uitgesonder vir haar besondere stem.

Sy het reeds weer saam met die groep begin oefen vir hul optrede wat op 17 November in die Imax-teater in die Waterfront open.

Sidwell is op pad Durban toe vir twee maande, maar hy is vroeg in die nuwe jaar terug met ’n konsert in die Paarl.

Bianca is die enigste een van die drie wat nou eers ’n blaaskans gaan neem: “Ek sal sing as mense my vra, maar nie voltyds nie.”

Mense kan Felicity skakel by 868-2349, vir Bianca by 863-1451 of Sidwell by 073-503-9753.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za