Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland hét die kampioene

Boland hét die kampioene
 
2005-03-24


EEN van die beste SA Hoërskole kampioenskappe die afgelope paar jaar het die naweek op Daljosafat Stadion in Paarl plaasgevind.

Die meer as 30 000 toeskouers, atlete en ondersteuningspersoneel wat oor die twee dae dié byeenkoms bygewoon het, was vermaak met atletiekprestasies uit die boonste rakke.

Nie minder nie as 17 SA Skole-rekords is verbeter. Drie van die vier rekords wat deur Wes-Kaapse atlete verbeter is, is deur Bolandse atlete opgestel: Dwayne Mouries, Susan Groenewald en die Paarliet Keenan Watson.

Mouries se tyd van 5:44,54 in die 2000m hindernis vir s.17 maak hom tans nou een van die beste jeugatlete ter wêreld in dié item.
Groenewald het die 5000m stap vir o.15 meisies in 'n skittertyd van 29:09,38 gewen.

Watson, ’n leerder van Hoër Jongenskool Paarl, het die SA skole-rekord in verspring vir seuns o.17 met ’n afstand van 7,61m gewen. Dié prestasie plaas hom ook onder die top 50 jeugatlete in die wêreld.

Ses Boland-rekords het ook tydens die byeenkoms in die slag gebly.
Benewens die drie rekords van Mouries, Watson en Groenewald het Wenda Theron (100m m.17, 11,80s), Heinrich Fortuin (100m s.15, 10,90s), Celeste Rietels (100m m.15, 12,20s), en Janita Stander (PS m.15, 3,00m) van Hoërskool La Rochelle ook hul name in die rekordboeke geskryf.

Die Wes-Kaapse span wat bestaan het uit atlete van die Boland, WP en SWD het 70 individuele en agt spanmedaljes gewen wat die tweede meeste was naas Gauteng.

Atlete van die Boland het 33 van dié individuele medaljes verower.
Atlete wat goue medaljes ingepalm het, is Nicola Loots (PS m.17 3,30m), Janine Visser (100mH, m.19, 14,94s en 400mH 62,67s), Marika Walters (100mH m.19 15,03), Cornel Fredericks (100mH m.15 13,14s), Louw Smith (110mH s.17 13,99s), Francois Germishuys (PS s.19 4,20m, en Johan Kruger (HG s.19 57,13m.)
Ander Boland-atlete wat medaljes verower het, is: (silwer) Wilna Groenewald (5000m stap m.15 29:34,5), Wenda Theron (200m m.17 25,58s), Jo-Ann Williams (5000m stap m.17 28:25,58), Eliska van der Merwe (HG m.19 38,76m), Cornel Fredericks (300mH m.15 38,87s), Heinrich Fortuin (100m s.15 11,27s), Christian Norman (PS s.15 3,50m), Dean Swart (200m s.15 23,09), Hein Gonzales (HG s.17 62,91m), Chatlin Smith (400m s.17 49,24s), Erik Kirsten (GS s.19 15,62m); (brons) Johanel Hugo (HS m.15 1,65m), Celeste Riedels (200m m.15 26,51s), Nikita Schultz (5000mS m.17 29:00,60), Wenda Theron (100mH m.17 14,41s en 100m 12,22s), Nicol Nel (SG m.19 43,54m), Lorenzo Blaauw (10 000mS s.19 53:40,1), Henco Nienaber (s.17 3.80m), Jean Rossouw (HG s.17 62,54m), Ian Kucharski (PS s.19 4,00m).

Die byeenkoms het gedien as finale voorbereiding vir die seisoen vir jeug en junior atlete voordat die SA Jeug en Junior Kampioenskappe op 1 en 2 April op Germiston plaasvind.

Na afloop van dié byeenkoms sal ’n voorlopige SA span gekies word vir die Wêreld Jeugkampioenskappe wat in Julie in Marrakesh, Marokko, plaasvind, asook ’n voorlopige Wes-Kaapse Jeugspele-span wat in September in Durban aan die SA Jeugspele sal deelneem.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za