Huldigingskonsert in Goodnow
2005-11-24
DIE Wellingtonse Musiekvereniging bied Sondag 4 Desember ’n huldigingskonsert aan vir almal wat die afgelope tyd oorlede is en ’n sterk band met die musiekvereniging gehad het.
Die kunstenaars wat optree, is André Serfontein (tenoor), Piet de Beer (viool) en Bennie van Eeden (klavier).
Die drie is geen onbekendes in die vallei se musiekkringe nie.
Hulle sal hoofsaaklik lig-klassieke musiek, asook musiek uit die operettes en musiekblyspele aanbied.
Die titel van die program is: “My hart sing soos ’n viool”. Die konsert begin om 17:00 en sal ongeveer een uur duur.
Kaartjies kan by die deur verkry word. Nadere besonderhede sal in die volgende uitgawe van die Paarl Post verskyn.
More
News
|