Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot planne vir fees

Groot planne vir fees
 
2005-11-24


MEER as 60 besighede en instansies het die inligtingsvergadering vir die beoogde Paarl Fees verlede Donderdag by De Oude Paarl Hotel bygewoon.

Die voorleggingsessie deur Uys van der Hoven en Gerhard Meyer is positief ontvang en verskeie besighede het hul direk na afloop van die voorlegging reeds as donateurs verbind om die bedryfskapitaal te voorsien.

“Hulle het van die unieke sakegeleentheid gebruik gemaak om vroeg deel te word van die fees ten einde hulself gunstig te posisioneer wanneer dit plaasvind,” sê Meyer.

Die fees gaan van 22 September tot 1 Oktober volgende jaar plaasvind en sal ’n fees wees wat geen enkele taal of kultuur sal bevorder nie, maar eerder gemik is op die hele Wes-Kaap.

Dit sal van die voorste produksies en kunstenaars in Suid Afrika betrek, sê Meyer.

Van der Hoven het aangekondig dat ’n maatskappy, Paarl Festivitas, geregistreer word.

Vier direkteure het reeds hul aanstelling aanvaar: Van der Hoven, dr Willem Barnard (KWV), Lambert Retief (Paarl Media) en Gerhard Meyer (De Oude Paarl).

Die onmiddellike teiken is om R237 000 in te samel vir die bemarkingsuitgawes en die eerste ses maande se bedryfsuitgawes.

Die doelwit is om binne twee weke die bedrag van R120 000 in te samel om die eerste fase van stapel te stuur.

Die fees sal op ’n beginsel van minimum bestuurskoste en maksimum vergoeding aan die kunstenaars bestuur word en sal verskeie geleenthede vir Paarl en omliggende dorpe se besighede skep.

Volgens Uys sal geen van die direkteure enige salaris ontvang vir hul werk nie.

“Die inkomste moet die kunstenaars toeval, hulle is tog hart van so ’n fees,” het hy gesê.

“Ons benodig plaaslike besighede om eerste hul bydrae te maak tot die oprigtingskoste van die fees, alvorens ons na die groot borge kyk,” sê Meyer.

“Dit is tog immers die kleiner besighede wat direk voordeel sal trek en as sulks behoort almal by te dra.”

Chas Everitt het hul onmiddelik na afloop van die voorlegging verbind met ’n skenking van R15 000 tot die ontwikkelingskoste van die Fees se webwerf.

Boland Kelder was die eerste wynkelder wat hul bydrae van R8000 bevestig het. I love wine het ook reeds R8000 beloof.

Verskeie plaaslike besighede het reeds hul dienste aangebied soos Price Waterhouse Coopers (ouditeure), Van der Spuy en vennote (prokureursdienste) en Glenrand MIB (versekeraars).

“Ons is baie dankbaar vir instansies soos hierdie wat op tasbare wyse bewys dat hulle die belange van die Paarl voorop stel,” het Uys en Meyer gesê.

Verdere navrae kan gerig word aan Van der Hoven by 860-1240 of by Meyer 872-1002.

Belangstellendes wat ook wil bydra tot die aanvanklike kostes, kan deposito’s maak in Prokureurs Van Der Spuy en Vennote se trustrekening wat dit in trust sal hou ten behoewe van die skenker en aan die feesmaatskappy sal oorbetaal sodra die verlangde teikenbedrag gevorder is.

Die besonderhede van die rekening is Van der Spuy (Wes-Kaap Ing.) by Absa rekeningnommer 404 975 1024; takkode 334-210.

Dit is noodsaaklik dat die verwysingsnommer AU 0534 genoem word.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za