Swendelaar sit
2005-11-24
DIE man wat drie weke lank gastehuise in die Paarl omgewing met mooi stories bedrieg en beroof het, is agter tralies.
Johan Swiegelaar is op Muldersvlei aangekeer toe hy daar by ’n gastehuis wou oornag, maar die eienares hom aan ’n beskrywing herken het.
Die bebaarde swendelaar weeg bykans 180kg en het by die gastehuise opgedaag in ’n blou bakkie wat in Lydenburg gesteel is.
Die gastehuis waar hy oornag het, is rot en kaal gesteel.
Ene Johan van Staden (of Pieter Swiegers soos hy hom in Franschhoek voorgestel het) het elke keer verdwyn voordat die werknemers aan diens gekom het.
More
News
|