Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Motorsaak draai in hof

Motorsaak draai in hof
 
2005-11-24


AANKLAGTE teen Wellingtonse sakemanne en 地 verkeersman rakende onwettighede met motortransaksies maak vandag 地 draai in die Paarl landdroshof.

Danye Louw (28) is die hoofbeskuldigde, met ook aangekla sy pa Herman Louw (50) en sy wynmaker-skoonseun Johannes de Jongh (25), voormalige Drakenstein verkeertoetsstasiebeampte Arnold Cloete (51), motorhandelaars Deon Wiggins (35) en Bennie Wiggins (59) en motorverkoopsman Quinn Hough (32).

Die verdagtes het reeds in die Strand landdroshof verskyn. Behalwe die hoofbeskuldigde met R2 500, is almal op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Die hofsaak is 地 nadraai van die arrestasie verlede jaar van Danye, toe eienaar van Boland Trade Centre in Kerkstraat, Wellington, en die beslaglegging op voertuie by sy woning in Berg-en-Dal en by sy sakeperseel.

地 Opsporingstoestel aan 地 Mitsubishi Pajero wat in die Strand gesteel is, het die polisie op die spoor van die voertuig gesit.

Louw is in Januarie twee dae lank aangehou in die polisieselle in die Strand, waar hy aangekla is van diefstal en die besit van gesteelde voertuie, met die ander beskuldiges wat teregstaan op aanklagte van
bedrog.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za