Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Opname oor huise op plase

Opname oor huise op plase
 
2005-11-24


DIE Drakenstein Munisipaliteit se Behuisingsafdeling, in samewerking met die Drakenstein HOP-kantoor, onderneem ’n opname om die behuisingsbehoefte in die landelike wyke te bepaal.

Aangesien die bevolking in die landelike gebied ongeveer 20% van die totale bevolking van Drakenstein uitmaak, is dit van uiterste belangrik dat die opname rakende die landelike behuisingsbehoefte uitgevoer word, om sodoende ordelike beplanning te verseker.

’n Reeks vergaderings word gereël vir plaaswerkers waartydens aansoekvorms ingevul kan word.

Grondeienaars is versoek om kennisgewings van die opname te versprei en vervoer vir werkers te verskaf na die vergaderplekke.

Vanaand is daar vergaderings by die VGK Hermon en Sandrivier Landgoed, Wellington. Maandagaand van 18:00 tot 12:00 kan mense Alfons Primêr en Berg-en-Dal Primêr besoek, en môreaand is dit Nieuwedrift Primêr en Simondium Primêr.

Woensdag is daar vergaderings by Ronwe Primêr en Daljosafat Primêr, en Donderdag 1 Desember by Sonop Primêr en Blouvlei Primêr.

Die laaste vergadering is Maandag 5 Desember by die EE de Waal-saal.

Die volgende dokumente word benodig: identiteitsdokument, nuutste inkomstebewys en geboortesertifikate van kinders onder 21.

Navrae by HOP-kantoor, 807-6219.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za