Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rowers sak toe op plaas

Rowers sak toe op plaas
 
2005-11-24


ROWERS in blou oorpakke het Vrydag kalm in ’n kantoor op ’n Wellingtonse plaas ingestap waar sekretaresses besig was om loongeld in koeverte te sit.

Minute later is die mans vort, met hul buit van R36 000 in kontant.

Die verdagtes het hul motor kort voor 13:00 buite die ingang na die plaas Lady Loch gelaat en is te voet met die oprit na die kantoor.

Ooggetuies het later ’n beskrywing van die blou Toyota motor, met ’n Wellington registrasienommer, aan die polisie gegee. Dié motor is kort voor die roof buite die plaasoprit opgemerk.

’n Kort, gesette man het buite die kantoor bly staan terwyl sy twee makkers - een van hulle is lank en frisgebou - doodluiters ingestap het.

Die sekretaresses het eers gedink dat dit van die plaaswerkers was, totdat een van die rowers ’n mes dreigend na die oorblufte vroue gehou het.

Hulle het nie ’n woord gesê nie, eenvoudig die twee banksakke en die loonpakkies wat reeds opgemaak was, gegryp en uitgestap.

’n Sekretaresse het ’n paniekknoppie gedruk en die plaaseienaar, Bennie van der Merwe, ontbied.

Alhoewel die polisie binne minute op die toneel was, het die motor en die rowers reeds verdwyn.

Insp Niel de Lange (873-1141) van Wellington is die ondersoekbeampte.

* Wellington farm secretaries have been robbed by men in blue overalls.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za