Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aangeval by aflaaiplek

Aangeval by aflaaiplek
 
2005-11-24


’n BEKENDE sakeman van Wellington is Vrydag ernstig aangerand toe hy karton by die stortingsterrein afgelaai het.

Arnold Slabber, eienaar van Redemption-skoenfabriek, het om 16:00 met vier werkers in sy Toyota Landcruiser gestop toe ’n jeugdige met ’n lang mes teen die passasiersdeur geskree het.

“Ek gaan jou steek. Ek gaan jou vrekmaak,” het hy gegil.

“Ek het gedink as ek uitklim sal hy weggaan, of dalk kan ek hom
arresteer,” het Slabber gesê.

Inteendeel, sy ses makkers het ook te voorskyn gekom en die bakkie en mans met bakstene begin bestook.

“Hulle was soos diere,” het Slabber gesê.

“Nie eens die werkers op die bakkie - een is oor die ses voet lank - het hulle afgeskrik nie.

“Ek het rondgekyk vir iets om terug te gooi, maar waar ons was, was daar net poeierstof. Ek het besef hulle wil die bakkie hê, en ons moet liewer terugstaan.

“Toe is al sewe in die bakkie en het die bekleedsel afgeskeur om die luidsprekers en die radio uit te ruk."

Die voorruit het onder die aanslag gebars. Die aanvallers het weggetrek, 250m verder in ’n sandwal vasgejaag, uitgeklim en weggehardloop met die motorradio en luidsprekers.

’n Baksteen het een van die werkers tot op die kopbeen oopgekloof. Arnold self het ernstige beserings opgedoen.

Met bloed wat stroom, het hy met die beskadigde Cruiser na die polisiestasie gery.

Beamptes was vinnig op die spoor van die jeugbende en het in die vroeë oggendure Saterdag al sewe verdagtes in hegtenis geneem, met drie skerpgemaakte skroewedraaiers en ’n langsteelmes in hul besit.

Die seuns is tussen 13 en 18 jaar oud en almal van Carterville. Hulle word met verskeie roofsake verbind, ten minste vier daarvan by die stortingsterrein.

Hulle is ook aangekla van ’n aanval vroeër Vrydag, toe ’n inwoner van die nabygeleë Hillcrest woonbuurt van sy fiets beroof is.

In ’n ander rooftog op Wellington Vrydagaand is ’n 15-jarige seun en sy maat in Addeystraat agter die munisipale swembad deur ’n groep van ses oorval.

Die jong slagoffers is om 20:30 deur die bende voorgekeer en van hul selfone, kontant en ’n baadjie beroof.

“Ek was waarlik beindruk met die polisiediens,” het Slabber gesê.

“Die gebrek aan sekuriteit by die munisipale stortingsterrein is egter kommerwekkend. Die twee wagte by die ingang het radio’s wat nie werk nie en op die terrein self is geen sekuriteit nie.”

* A gang of youths have been arrested after robberies at Wellington’s refuge dump.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za