Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Atletiekklub deel pryse uit

Paarl Atletiekklub deel pryse uit
 
2005-11-24


DIE Paarl Atletiekklub het onlangs sy 110-jarige bestaan op glansryke wyse gevier met ’n toekenningsplegtigheid by die Daljosafat Stadion.

Die klub het sy ryke atletiektradisie gestand gedoen toe Izak Nel (bronsmedalje in Stap by Wêreld Meesterskampioenskap) en Ronel Beukes (goue medalje in 400m by Wêreld Meesterskampioenskap) met onderskeidelik die Senior Sportman- en Sportvroutoekennings weggestap het.

Keenan Watson (nommer drie gekeur op Wêreld jeugranglys, finalis by die Wêreld Jeugkampioenskappe en huidige SA verspring-kampioen) en Jo-Ann Williams (SA-kampioen in die 10km Stap) het die toekennings ontvang vir Junior Sportman en Junior Sportvrou.

Styntjie Prins het die Comrades-prestasietoekenning ontvang nadat sy ’n silwermedalje in die Comrades gewen het.

In die afdeling vir beamptes en bestuurders het Thys de Vries, Hendry Mathews, Kevin Arends, Koos Titus, Wilna Stander, dr Terence Jones, Brandon du Plessis en Clarence Adams toekennings ontvang, terwyl Raymond Julius, Louis Nienaber, Thys de Vries en
Brandon du Plessis erkenning ontvang het in die afdeling vir afrigters.

“Die klub wil almal wat bygedra het tot die sukses van die klub bedank vir hul harde werk asook die klub se borge,” het Julius gesê.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za