Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland-vroue laat waai met wilgerlat

Boland-vroue laat waai met wilgerlat
 
2005-11-24


Die Boland vrouekrieketspan het die seisoen teen ’n spoed begin.

Die Boland is ná vier wedstryde in die nasionale vroueliga nog onoorwonne en tans die voorlopers in die Kus-afdeling.

Ná seges oor die WP en SWD het die Boland Saterdag in Kimberley vir Griekwaland-Wes gepak.

Boland stuur Griekwas in om te kolf. Die tuisspan was van die begin op die agtervoet weens die akkurate lyn en lengte van die Boland-boulers. Sunette Loubser (4/10), Nathaneal Christiaans (3/18) en Alicia Smith (2/7) het gehelp om Griekwas vir ’n skamele 54 lopies uit te haal.

Die Boland-kolwers het behoorlik die krane oopgedraai om die lopies so vinnig moontlik te kry en het in die proses net twee paaltjies verloor.

Smith met ’n onoorwonne 27 van net 18 balle het die wenlopies in styl aangeteken in slegs 7,1 boulbeurte.

Sondag het die Bolanders op Bloemfontein aangetree vir hul stryd teen die Vrystaat.

Die tuisspan het die Boland eerste laat kolf en die besoekers teken ’n heel skaflike 214 aan.

’n Vyftigtal deur Beth Cartledge (51) het die beurt aan die gang gehou, terwyl Alicia Smith (46), Sunette Loubser (29) en Bronwen Town (26) ook lopies gekry het.

Die Vrystaters het goed begin, maar ná ’n kritieke deurbraak deur Sunette Loubser (2/32) het die paaltjies op ’n gereelde basis begin val.

Die dag het behoort aan Nathaneal Christiaans (2/38) wat tydens dié wedstryd haar 100ste paaltjie vir Boland ingepalm het. Boland wen
die wedstryd met 84 lopies.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za