Paarl-Oos ontstel Van der Stel
2005-11-24
DIE eerste krieketspan van Paarl-Oos het Saterdag ’n oortuigende sege van sewe paaltjies oor Van der Stel behaal.
Van der Stel kies om eerste te kolf nadat hulle die loot op die New Orleans-veld wen.
Henry Fourie (22 4,x1, 6x1), A Simpson (22), D Heramb (22 4x1, 6x1) en PW Serdyn (20) het help bou aan die totaal van 152.
Die tuisspan se beste boulvertonings is deur Justin Watts (4/51 in 15bb) en Craig Abrahams (3/8 in 12bb) gelewer.
David Stevens (40 4x4) en Manfred de Kock (46 4x7, 6x1) het die twee grootste tellings vir die tuisspan gemoker, terwyl Roswin Jephtha (31nun) en Bruce Miller (31nun 4x3, 6x1) voor die penne was toe die wenlopies in die 47ste beurt geslaan is.
Jaco Krynauw (2/42 in 11bb) was die besoekers se beste bouler. Op Stellenbosch is meer as 500 lopies aangeteken in die stryd tussen die tweede spanne van Van der Stel en Paarl-Oos.
Die tuisspan teken 306/4 aan.
H Crous (127), A Thomson (55), M Perold (43), Chandler (29nun) en I James (24nun) het die lopies gekry.
Slegs Nico Jonck (2/60) kon enigiets met die bal uitrig.
Die besoekers kry 224/8 voordat hul beurt opdroog, met Mark Borchards (61 4x4, 6x5), Wilton van Neel (39nun 4x6), Shaun Cuttings (33 4x4) en Bjorgen Hollenbach (32 4x1) wat netjiese beurte speel.
Paarl-Oos verdien vyf punte in die onbesliste uitslag terwyl Van der Stel 10 punte kry.
Saterdag speel Paarl-Oos I (weg) en II (tuis) teen Paarl. Paarl-Oos III speel teen Peoples of Daljosafat.
More
News
|