Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland speel vinnig klaar met Zimbabwe

Boland speel vinnig klaar met Zimbabwe
 
2005-11-24


DIE Boland krieketspan het verlede week net een kolfbeurt nodig gehad om ’n driedag-sege oor Zimbabwe te behaal.

Zimbabwe is reeds op die eerste dag net na ete vir 171 lopies uitgehaal op Stellenbosch.

Pepler Sandri (4/40) was die voorste paaltjie-slagter, terwyl Bardo Fransman (2/23), Albertyn (2/23) en Waylain September (2/59) die res van die paaltjies gedeel het.

Dit het die Bolanders 104 kolfbeurte tot hul beskikking gegee.

Toe die tuisspan Vrydagmiddag net ná teetyd met die telling op 345/7 verklaar het, het hulle ’n voorsprong van 175 lopies gehad.

Gerhard Strydom (123) was die gulsigste met die kolf. Peter Laing (65) en Wallace Albertyn (58nun) was die ander spelers wat met genot die wilgerlat geswaai het.

Zimbabwe word vir 174 uitgeboul om Boland ’n oorwinning van 10 paaltjies te gee.

Albertyn (4/33), Bardo Fransman (3/49) en Sandri (1/56) het die paaltjies ingepalm.

Boland het Sondag se eendagwedstryd ewe oortuigend met agt paaltjies gewen.

Zimbabwe kolf weer eerste en teken 171 aan danksy knap boulwerk deur Peter Laing (4/43 in 9bb), Pepler Sandri (2/27 in 6bb), Bardo Fransman (2/15 in 7bb) en Waylain September (2/34 in 8bb).

Boland se Warren Swan (61nun), Henry Davids (53nun) en Gerhard Strydom (30) was in vernietigende vorm en slaan die wenlopies in die 35ste beurt. Die Boland verdien dan ook ’n bonuspunt vir die feit dat hulle die teiken in 35 beurte behaal.

Die Boland is tans vierde (37 punte) op die driedag-punteleer. As hulle egter die wedstryd teen die OP kan wen wat vandag in die Paarl begin, kan hulle opskuif na die tweede plek.

Op die eendag-punteleer loop Boland voor in sy afdeling met 21 punte. In die tweede plek is WP (18) en derde Grens (16).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za