Vermy hierdie 'klavierstemmer'
2005-03-31
EK wil mense waarsku teen ’n man wat hom voordoen as ’n klavierstemmer, maar dit allesbehalwe kan doen.
Hy het hom onlangs by my vasgeloop, want nadat hy weg is, het ek die klavier bespeel en besef dat dit beslis nie ingestem is nie. Hierdie man het ook die gewoonte om te kwoteer vir byvoorbeeld R100, maar soos hy werk, word die werk al duurder.
So het hy iemand wat ek ken geïntimideer om die hoër bedrag te betaal, omdat sy alleen by die huis was en bang was om nee te sê. Hy beweer hy het vir Beyleveld en Dietmann Klaviere gewerk en kom met allerhande aan-bevelings van "tevrede kliënte".
Die middeljarige man, wat 'n bril dra, het 'n letsel op een oog. Moet asseblief nie hierdie man in u huis toelaat nie.
Ontstoke
More
News
|