Murray Kersmark weer gehou
2005-12-01
WELLINGTONNERS wat nog moet planmaak met hul Kersinkopies, kan tot Saterdag gerus gaan loer wat te koop is by die Murray-Mark.
Dié Kersmark word aangebied deur die NGK Wellington in hul kerksaal in Kerkstraat.
Die mark is weeksdae oop tussen 09:00 en 19:00, en Saterdag tot 14:00.
Daar is onder meer geskenkblikkies en pakkies vir kinders en volwassenes, tuisgemaakte sjokolade, olywe, druiwepit-produkte, handgemaakte seep, kerse, juweliersware en papier, organzaprodukte en houtlegkaarte.
Daar is ook hope plaasprodukte en tuisgebak vir die hongeres, asook ‘n bonsai-verkoping.
‘n Koffie-kuierhokkie word ook aangebied vir diegene vir wie die koopwerk uitgeput het.
More
News
|