Trompie kry nuwe baljaarplek
2005-03-31
DIE ACVV se Trompie Versorgingsoord spog deesdae met ’n splinternuwe adres.
Dié versorgingsoord, wat reeds 65 jaar bestaan, het onlangs sy gebou in Waterkantstraat verkoop en verhuis na Gimnasiumstraat.
Trompie se naam kom van die groot olifantglyplank wat reeds sedert die veertigerjare speelplek bied vir die kleingoed.
Hier word kleingoed van babatyd tot vyf jaar versorg en nou bied hulle ook nasorg by die nuwe naskoolsentrum, die Trompetters.
Die gebou in Gimnasiumstraat is in 1902 opgerig as pastorie vir die Toringkerk.
Dit is in 1981 deur die ACVV gekoop, met die hulp van Charlotte en Johannes Loubser.
Aanvanklik word dit as nasorgsentrum gebruik, later is dit uitverhuur en nou is dit die tuiste van Trompie.
Hier versorg Elna Brand en haar personeel van tien, die 84 kleingoed. Elna is reeds ’n instelling by Trompie. Sy is 26 jaar al daar betrokke: tien jaar as bestuurslid en 16 jaar as hoof.
* A Paarl educare centre has moved to a new site after 65 years.
More
News
|