Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gemeenskap vereer

Gemeenskap vereer
 
2005-12-01


DIE burgemeester, Herman Bailey, het die publiek uitgenooi om individue en organisasies te nomineer vir gemeenskapstoekennings wat vroeg in die nuwe jaar gemaak gaan word aan individue en organisasies binne Drakenstein.

Die toekennings word in tien kategorieë gemaak, en in elkeen hiervan kan ’n persoon of organisasie genomineer word vir hul bydrae gedurende 2005. Daar word ook in elke kategorie voorsiening gemaak vir ’n lewenslange toekenning.

Die kategorieë is opvoeding, kultuur, sport, omgewing, gesondheid, toerisme, maatskaplik, jeug, sake en media.]

Volgens die burgemeester is daar heelwat mense en organisasies wat hulle ten doel stel om die gemeenskap te dien.

“Ons wil graag individue en organisasies vereer vir die onbaatsugtige werk wat hulle in belang van ander gedoen het, of nog steeds doen.”

Mense is welkom om nominasies in te stuur met die persoon/organisasie se volledige naam, adres, 'n foto (waar moontlik) en ’n kort motivering van nie meer as 150 woorde nie.

Die nomineerder se gegewens moet ook verstrek word.
Nominasies sluit op Vrydag 20 Januarie en die lys van vererings sal binne twee weke daarna aangekondig word.

Nominasies kan gestuur word na Toekennings, p/a Heini Odendaal, Posbus 1, Paarl 7620, e-pos dit na Hei)@drakenstein. gov.za of gooi dit in die spesiale houers by die Paarl Post, Radio KC of die munisipale kantore in Paarl, Wellington, Saron en Gouda.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za