Kinders gee vir kinders
2005-12-01
HOE kan ons ’n verskil maak? Dit was die vraag wat die graad dries en viers van die Evangelies Gereformeerde Kerk Paarl se Sondagskool gevra het.
Toe kom hulle met die blink plan vorendag om Kershoedjies te koop en dit vol lekkers, skyfies en koeldrank te maak vir kinders in plaaslike hospitale. Dit vorm nou deel van hulle kinderbarmhartigheidsaksie en die kinders gaan self die hoedjies uitdeel, natuurlik uitgedos in Kersvader-pakke.
Mense wat wil help of skenkings maak, kan Amelia Saunders skakel by 867-0294 (h) of 072-923-0672.
Die gedagte is om dit ’n jaarlikse instelling te maak en die kinders is klaar besig om te soek na speelgoed.
Amelia sê hulle wil ook kyk om Sonstraal Hospitaal te help met kinderklere en gordyne.
More
News
|