Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hanteer die stigma rondom MIV/Vigs

Hanteer die stigma rondom MIV/Vigs
 
2005-12-01


DIE Christen Vigsburo vir Suidelike Afrika, wat by Hugenote Kollege op Wellington gehuisves word, het saam met MemaMedia ’n inspirerende DVD van 85 minute bekend gestel wat die verhale vertel van mense wat met MIV saamleef.

“Mense wat leef met MIV” bied ’n persoonlike kykie na hoe dit mense se lewens raak, en bied die kyker die geleentheid om te ontdek wat MIV op ’n persoonlike vlak beteken.

Die openhartige DVD is in ’n onderhoudvoerende styl opgeneem en saamgestel.

Ses mense, wat meestal uit die Wes-Kaap afkomstig is, tree in die bres vir sovele ander wat te midde van onkunde, vooroordele en stigma rondom MIV/Vigs nie die moed het om dieselfde te doen nie.

Een van diegene wie se storie vertel word, is Paarliet Patty Thomas.

Sy vertel die storie van hoe haar eie vrees vir verwerping vir etlike jare haar gekeer het om mense te vertel van haar infeksie-status, maar hoe sy dit nou as ’n roeping sien.

Patty vertel ook die hartseer van verwerping deur sommige gelowiges, maar hoe sy by ander Christene ware liefde en aanvaarding gekry het om so ’n normaal lewe as moontlik te kan lei.

Volgens Nelis du Toit van die Christen Vigsburo is die DVD ideaal vir groepe mense wat meer wil weet van hoe MIV mense raak.

“Dit dra by tot ’n groter begrip vir mense se probleme, soos byvoorbeeld die stigma waarmee hulle te kampe het, sodat brûe tussen mense gebou kan word,” sê hy.

Die DVD is moontlik gemaak danksy skenkings van die NG Gemeente Stilbaai, die Kloosterkerk (Nederland), die Jeugkommissie van die NG Kerk en die CLF Vigstrust.

Vir bestellings, kontak 086-026-3342.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za