Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunskalender

Kunskalender
 
2005-12-01


Dorpstraat: Vanaand om 20:30 is die M&M Project met Mauritz Lotz en Matthys Maree in Dorpstraat op Stellenbosch. Môreaand is Lucas Maree daar met ’n Kersvertoning en Saterdag is dit ‘Gypsy Fire - Around the world in 80 minutes’. Charlene Truter sing Maandagaand en op 6, 7 en 8 Desember is Koos Kombuis daar. Bespreek by 886-6107.

Boekpraatjies: Onlangs het Elsa Joubert se outobiografiese roman “’n Wonderlike geweld” verskyn. Saterdag om 11:00 praat sy in Protea Boekwinkel (Stellenbosch) met Riana Barnard, haar uitgewer, oor dié werk.
Die laaste gas vanjaar is die immergewilde Koos Kombuis. Hy sal op 10 Desember met Erns Grundling gesels oor sy nuutste publikasie, “Raka - die roman”. Skakel 882-9100 vir meer besonderhede of besoek die webblad by www.proteaboekhuis.co.za.

Aandmark: Môre- en Saterdagaand begin die aandmarkte by Southey’s Vines, oorkant die polisiestasie in Somerset-Wes. Van 18:00 tot 22:00 kan besoekers Kersgeskenke koop en ligte aandetes geniet. Kunstenaars tree ook op. Navrae by Alta Muller, 072-395-5516.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za