Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hope kuns by ARTbewing

Hope kuns by ARTbewing
 
2005-12-01


VANAAND om 18:00 is die opening van ARTbewing by Waterpoel de Windmeul.

Maar vir dié wat as gevolg van ’n druk program nie daar kan aandoen nie, is daar nog die hele naweek geleentheid om na die skilderye, keramiek, juweliersware en beeldhouwerk te gaan loer.

Ry reg deur die Paarl anderkant uit op die Noord-Agter-Paarlpad.

Ry verby Rhebokskloof, tot jy die wit ringmuur van Chianti Homes se nuwe ontwikkeling, Water de Windmeul, sien. Draai links in en parkeer op die oop erf.

Onder die kunstenaars wat deelneem, is Nanette Ranger, Selwin Pekeur, Severino, Tilly van Huyssteen, Marike Kruger, Debbie de Beer, Liz Dunston, Jeffrey Appollis, Solomon Seko, Kervin Cupido, Frank Ross en vele meer.

Navrae by Trudy Oosthuizen, 082-896-9863.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za