Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vanaand is Liggiesfees

Vanaand is Liggiesfees
 
2005-12-01


DIE Paarl Liggiesfees skop vanaand af om 18:45 en kan Vrydag- en Saterdagaand ook besoek word.

Vader Kersfees sal by die toringgebou “abseil” om 18:45.

Daarna volg ‘n aand van gewyde musiek en Kersliedere met die Frank Pietersen simfonie-orkes.

Die burgemeester sal die liggies om 20:15 aanskakel.

Vrydagaand skop Vader Kersfees weer die verrigting af, en dié aand is daar ‘n verskeidenheid orkeste en sangers wat optree.

Saterdagaand is Vader Kersfees weer in aksie, waarna ‘n verskeidenheid musikante optree, waaronder Ezra (bekende Idols ster) om 21:15.

Daar word ook Sondagaand ‘n “Carols by Candlelight” geleent-heid gehou in Lady Greystraat.

Saron se Liggiesfees word op 9 Desember gehou.

Stalletjies kos R50 (bespreek by Matty Paulsen 082-459-8348.

Vir navrae oor die Paarlfees, kontak Paarl Inligtingskantoor (872-4842).



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za