Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Shamrock - 30 jaar later

Shamrock - 30 jaar later
 
2005-12-01


HIER is nou ’n reünie wat nie gemis moet word nie: die Shamrock band hou môreaand reünie ná 30 jaar.

In die sewentigerjare was Shamrock ’n orkes wat die jong klomp in die Paarl se tone laat omkrul het.

Arnold Slabber, Anton Bartman, Kobus Liebenberg en André van Niekerk was die manne wat gerock-’n-roll het van die Paarl en Stellenbosch deur die hele platteland, tot in Port Nolloth.

“Man, ons het gespéél,” vertel Arnold en trek sommer los met ’n paar note. Ons het vir Interskole gespeel in die stadsaal, by troues, Tollies op Stellenbosch en matriekafskeide.

“By die rugbyklub het ons een keer voor 700 mense gespeel, en ook vir agt maande in die Hugenote Hotel op Franschhoek.”

Arnold sê musiek is in hulle bloed.
“My hele familie is musikaal en Anton se pa het sewe jaar lank klavier gespeel vir die dansorkes by die Dutoitskloof Hotel.”

Môreaand se reünie is by Simonsvlei-teater en ondersteuners kan hulle regmaak vir ’n fees van liedjies uit die jare sewentig.

Twee van die oorspronklike lede, Kobus en André, kan nie die reünie bywoon nie, maar hulle word vervang deur twee ou bekendes.

Paul (baskitaar) en Robbie Marais is vriende van die orkeslede wat deur die jare gereeld uitgehelp het.

Geniet reeds van 18:30 ’n kaasbord vir twee teen R30 met wit- en rooiwyn teen onderskeidelik R20 en R25 per bottel in die proelokaal of langs die dam by die tafels en stoele.

Om 19:30 beweeg die gaste na die teater en die vertoning begin om 20:00.

Vir meer inligting en besprekings teen R60 per persoon, kontak Lynette Griessel by 082-418-4748 of info@simons vlei.co.za.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za