Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Amfiteater se vakansieprogram begin

Amfiteater se vakansieprogram begin
 
2005-12-01


KOM kuier die naweek op Paarlberg en maak geskiedenis. Vir die eerste keer in meer as 30 jaar sal die amfiteater twee naweke agtereenvolgens gebruik word.

“Waar beter wil jy die vakansie begin as op die berg met vriende, lekker kos, van Paarl se voorste wyne en met puik konserte soos nog nooit in die land gesien nie?” vra promotor Gerhard Meyer.

Saterdagaand begin met die Simon en Garfunkel-konsert deur Coleske.

Dit is tegnies die mees gevorderde konsert wat ooit in die amfiteater aangebied is en die beligting sal bydra tot ’n baie spesiale aand met al die grootste treffers soos ‘Bridge over Troubled Waters’.

Dit is die eerste keer dat die optrede in Suid-Afrika met ’n vol orkes gedoen sal word.

Meer as 60 000 mense het die konserte in Gauteng bygewoon.
Sondagaand is die Kerskonsert met Jannie Moolman, Mathys Roets, Coenie de Villiers en Lucas Maree.

Dié gewilde sangers sal van die mooiste Kersliedere sing en ’n orkes sal hul begelei.

Die konsert is ten bate van die Strooidakkerk.

Saterdag 10 Desember is dit weer die beurt van Drie van die Bestes met Kevin Leo, Danie Niehaus en Mathys Roets.

Die Desemberprogram word op 23 Desember afgesluit met Afrikiti, wat die grootste Afrikaanse produksie ooit is met sterre soos Rina Hugo, Sibongile Khumalo, HI 5, Soli Philander en Nina Swart.

Verskeie van die Paarl se voorste wynkelders se wyne sal te koop wees en heerlike geregte word deur ’n verskeidenheid van kosstalletjies verskaf. Die stalletjies open reeds om 17:00 op elke dag van die konsert.

Bespreek nou jou kaartjies by De Oude Paarl Hotel, 872-1002.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za