Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Genoeg is darem nou genoeg

Genoeg is darem nou genoeg
 
2005-12-01


GEDURENDE September vanjaar is ’n paal in Volksstraat, Charleston Hill, verwyder en drade is ondergronds aangelę.

’n Sloot van omtrent 40cm in breedte, is dwarsoor die pad gegrawe om die drade te herlei. Sederdtien is die sloot baie dieper uitgetrap deur die voertuie wat daagliks die straat gebruik.

Die “kadoef-kadoef”-klank wat deur elke voertuig veroorsaak word, en in die geval van swaar voertuie waar die gekap van die bak soos ’n ontploffing laat klink, van soggens vroeg tot saans laat, het nou te veel geraak.

Volksstraat is soos ’n hoofweg wat daagliks deur baie voertuie gebruik word deurdat dit met Tennantstraat verbind, wat regstreeks by Klein Drakensteinweg aansluit.

Dit is verbasend dat daar nog geen klagte van motoriste was nie, omdat die sloot groot skade aan hul voertuie kan aanrig.
Ons as belastingbetalers wat soggens moet gaan werk, is seer sekerlik geregtig op ’n goeie nagrus.

Die aanbring van spoedwalle sal glad nie ’n slegte idee wees nie, om sodoende die jaagduiwels se vlerke te knip. Ek hoop die situasie kan voor die komende vakansiedae aandag geniet.

Volksstraat inwoner



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za