Niemand gee om oor stukkende verkeerslig
2005-12-01
GRAAG wil ek my ontevredenheid met die Drakenstein Munisipaliteit se nalatigheid uitspreek.
Ek het op Saterdag 26 November omstreeks 20:35 in Hoofstraat, Paarl, by die kruising met Langstraat met my kleinkind in die voertuig gery.
Die verkeerligte was soos gewoonlik buite werking en ek ken die wet wat beteken dat as die robot buite werking is dan moet dit as ‘n vierrigting stop hanteer word, maar dit lyk vir my die inwoners van die Paarl ken nie die wet nie.
‘n Voertuig het net eenvoudig oor die robot gejaag sonder om eens te probeer stop. Aangesien ek reeds stil gestaan het en na regte moes gery het, het ek die voertuig sien aankom.
Ek het net weggetrek toe hy oor die robot kom ek moes noodgedwonge uitswaai om ‘n botsig te vermy en is dus teen die randsteen vas.
Die man, duidelik onder die invloed, het op my gevloek en geskel. Hierop het ek die brandweer geskakel en gevra dat hulle moes aandag gee aan die robot.
‘n Dame het geantwoord en my meegedeel dat ek die probleem Maandag 28 November onder die verkeersdepartement se aandag moes bring, dit nadat sy my meegedeel het dat hulle, die brandweer, direkte kontak met die verkeersafdeling het.
Ek was woedend en het aan haar gevra of ek dan uit my graf die departement moes laat weet, sou ek dood gewees het? Die dame was baie ongeskik en het aan my gesê dat dit nie hul probleem is nie.
Wie se probleem is stukkende verkeersligte dan?
Paarliet
Die Waarnemende Munisipale Bestuurder reageer: Die Munisipaliteit se personeel moet die publiek te alle tye hoflik bedien. Ons versoek die klaagster om meer inligting aan die Hoof van Brandweerdienste te voorsien.
More
News
|