Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Duur vleis uit winkel

Duur vleis uit winkel
 
2005-12-01


TWEE pakke skaapvleis het ’n man van Paarl-Oos duur te staan gekom.

Elroy Prins (26) van Disastraat 13E, pa van twee kleuters, is verlede week in die Paarl landdroshof 12 maande gevangenisstraf opgelê vir winkeldiefstal.

’n Sekuriteitswag in ’n supermark aan Lady Greystraat het gesien hoe Prins met twee pakke skaapvleis van R103 en R106 onderskeidelik uit die winkel stap. Hy het hom agtervolg en by die taxistaanplek ingehaal.

Prins het ’n vals naam, Alrick September, aan die polisie verskaf. Hy is toe skuldig bevind en gevonnis sonder dat sy vorige veroordelings beskikbaar was.

Met die korrekte inligting op die polisierekenaar bevestig, sal Prins nou ook op die ander oortredings teregstaan.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za