Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moord by spoor

Moord by spoor
 
2005-12-01


’n MAN moes onlangs magteloos toekyk hoe sy vriendin by Klapmuts deur die drie jong mans wat hom nakend uitgetrek en beroof het, ontvoer word.

Die liggaam van die vrou, Anna Fortuin (37) van Jacobstraat 1, Klapmuts, is vier dae later langs die spoorlyn ontdek nadat sy ontvoer is.

Twee mans is die naweek, na intensiewe polisie-ondersoek in hegtenis geneem.

Lionel Cupido (23) van Alexanderstraat 3 en Ricardo (Velle) Witbooi (23) van Alexanderstraat 4, het reeds op aanklag van moord in die Paarl landdroshof verskyn.

Fortuin en haar vriend is Saterdag 22 Oktober om 19:00 op die Muldersvleistasie beroof.

Haar liggaam is op 26 Oktober in dik gras sowat 500m van die stasie af ontdek.

Die polisie het inligting opgevolg dat drie mans van die toneel af in die rigting van Klapmuts gestap het.

Die raaisel het verdiep toe een van die mans wat na bewering by die moord betrokke was, daardie aand onder ’n trein beland het.

Die treindrywer het in sy verklaring gesê die man het oor die treinspoor gelê, met sy bene aan die een kant van die spoor en sy arms aan die ander kant.

Daar is vermoed dat die man dalk dood was en op die spoor neergelê is voordat die trein hom getref het.

Sy twee vriende het ná hul arrestasie gesê dat die oorledene, Graham Dirkse (20) van die plaas Backsberg, ’n neef van Cupido, agtergebly het om te urineer en dat hulle aangestap het.
Hulle weet nie hoe hy voor die trein beland het nie.

* Two people died at the Klapmuts railway line under strange circumstances..



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za